Sunday, January 18, 2015

Dis mos lekker om iemand te help

Career Direct Terugvoering



Dit voel nogsteeds of ek moet sê Doktor Denton, maar dit is nie hoe ek Oom Dinsdag aangespreek het nie.
Ek antwoord nou want ek kan nie help om aan Oom te dink nie, ek het sopas cupcakes in die oond gedruk.

Ek het verwag dat Dinsdag 'n vreeslike ernstige affêre sou wees. Die teenoorgestelde is aan my bewys, tog was dit ook ernstig op 'n manier maar ek kon lag en werklik ontspanne voel. Dankie vir die seëning wat Oom oor my uitgespreek het.

Dit is nou die tyd waar ek besluite moet neem (seker maar een van daardie dinge waaraan ek moet werk.)
Ek sal graag van Oom se mentorskap gebruik wil maak in die toekoms omdat Oom so passievol is oor wat Oom doen.
Oom lewe Oom se geloof uit in die werk wat Oom doen, vir wat meer wil mens vra. 

Dankie dat Oom na my gebabbel geluister het. 
Eendag sal ek defnitief daardie kaartjie gebruik vir die regte een.

Groete

No comments:

Post a Comment

Featured video