Friday, October 7, 2011

BUSINESS BY THE BOOK GOUE OUE SEMINAAR MET TREFKRAG OOR AL DIE JARE

In die kort oorsig wil ek net weer my getuienis gee oor die jare wat ek die seminaar help aanbied en die waarde wat ek sien in dit. Ek wil ook persone aanmoedig om eerstens dit by te woon wat dit nog nie gedoen het nie, maar ook om leiers te nader om deel van die fakulteit persone te raak wat die seminar verder wil vat en hulle areas wil aanbied.


Waarom is die seminar werklik my gunsteling seminaar oor die jare?
Ek kry greeeld mense wat vra hoe om daaglikse reg op te tree in die werksplek?  En hulle is nie alleen nie.  Menige sakemanne en vroue, werknemers en werkgewers worstel dikwels met die vraagstuk. Dit is juis vir hierdie doel dat die seminaar ontwerp is:  om sakemense te help om Koninkryksbeginsels  te leer ken en toepas vir die eerlike en suksesvolle bedryf van besigheid.
Dit is werklik ‘n vars en uitdagende blik op wat die Here in Sy Woord van besigheid sê.  Oor die jae het ek gereeld agtergekom dat mense gesinspireer is deur die seminaar en ok die praktiese toerusting is baie bevredigend.
Wat dit eenvoudig beteken vir besigheidsmense is die volgende:


  • Duidelike en beslissende doelgerigtheid om besighede in die mark te onderskei.
  • Die werklike betekenis van eienaarskap in die besigheid.
  • Integriteit en korporatiewe bestuur – Wie stel die standaarde?  Kan mens volhoubare besigheid met ’n karaktergebaseerde kultuur en integriteit bedryf?
  • Neem van winsgewende finansiële besluite dmv Bybelse wysheid en vermy finansiële slawerny.
  • Verruil finansiële stres vir gemoedsrus.
  • Vertroue ipv vrees vir mislukking.
  • Entoesiasme onder personeel ipv twis.
  • Personeel verhoudings – Verkry samewerking en resultate deur elkeen billik, vriendelik dog ferm en met liefde te behandel.
  • Verstaan die belangrike rol van u gade tov die besigheid.
Lasastens die boek is goud werd en lekker om dit vir deelnemers te gee aan die einde van die dag seminaar.
Die nue benadering:
As daar een ding is waarin ek glo is dit om leiers op te lei om die seminaar te help aanbied. By onlangse geleentheid het ek dit juis gedoen en so ook Dawid Malherbe gebruik as mede aanbieder in die Paarl.
FOTO VAN DIE PAARL BYEENKOMS





Dit is Dawid ervaar het oor diue seminaar en as mede aanbieder.
Voeg by Dawid.
Die pad vorentoe.
Aan my kollegeas by Crown Financial Ministries wat die baie geleenthede geskep het om die seminaar oor die jare aan te bied wil ek besonders bedank. Hierdie seminaar is die 101 van Besigheidsbestuur en ek sal lekker gewees het as ek die een van my voorgeskrewe boeke kon gewes tydens my Bedyfsekonomie of MBA studies
Kom raak betrokke

No comments:

Post a Comment

Featured video