Friday, June 27, 2014

Dink aan mekaar en tree in vir mekaar



Het jou epos gekry  op my Selfoon, maar probeer so min as moontlik van daar op eposse reageer. Hou daarvan om rekord van al my koms te hou. Dit was die regte dag vir jou om dit vir my te stuur.


Ek het na Mosselbaai toe gery om Saasveld se opedag saam  met my dogter te gaan bywoon. Sy wil graag Bosbou doen. Ons motor se waterpomp breek toe so 15km voor Heidelberg. Net voor 17h00. Met rukke en stote daag ons toe op in Heidelberg maar heelwat na 17h00. Almal was veronderstel om toe te wees. “Gelukkig” vind ons iemand wat ons help met tydelike herstel sodat ons Mosselbaai haal en die volgende oggend die waterpomp kon vervang.

Dit is die eerste keer dat ek in so ’n situasie is met ’n motor wat breek langs die pad en was dit vir my lekker om te sien hoe ons as gesin dit hanteer het. Die Vrydag kon ek toe met die wete dat jy vir my bid Saasveld toe gaan en ’n great dag daar spandeer en my dogter kon antwoorde op haar vrae kry.

Dankie, weereens vir die gebed.

Shalom.

No comments:

Post a Comment

Featured video