Sunday, January 5, 2014

Ek sien uit na die pad wat ek gaan stap in His Design.


Ek sien uit na die pad wat ek gaan stap in His Design.
Soos jy weet Mario het ek reeds vroeer in 2009 die opleiding gekry, maar a.g.v. persoonlike omstandighede dit nie gebruik nie.

Met die onlangse opleiding het die groter prentjie en moontlikhede van Career Direct vir my oop gegaan. Die Living by His Design deel was heeltemal nuut vir my. Jy het ons lekker deel gemaak van die opleiding en my opgewonde gemaak oor hierdie "tool".
Wat my verder beindruk het was die opleidingshanleiding en job sampler. Alles bymekaar en volledig vir verdere naslaan. Die "persoonlike" gevalle studies was baie waardevol. Om die persoon voor jou te sien en na hulle profiel te kyk was 'n baie praktiese manier van leer.


Die toepassing van Career Direct en die ontwikkeling van 'n praktyk was baie belangrik. Die ekstra wat jy kon byvoeg agv jou eie ondervinding en navorsing het alles bygedra tot 'n baie suksesvolle opleiding.
Dankie vir jou bereidheid om so 'n persoonlike pad met ons te stap. Jou hart vir hierdie tool en die mense wat dit kan bereik is duidelik sigbaar.
Persoonlik was dit vir my wonderlik om akademie te kon vervleg met my hart vir God en Sy werk.
Ek sien uit na die pad wat ek gaan stap in His Design.
Groete
Henda
Sielkundige

No comments:

Post a Comment

Featured video