Thursday, April 19, 2012

Aanpasbaarheid vs weerstandigheid

AANPASBAARHEID vs. Weerstand. Die bereidwilligheid om planne of idees te verander volgens die aanwysings van diegene wat in beheer is. Flexibility

Pyn of Plesier?

Geseend is die buigbare, want hy sal nie breek nie!

Elke mens moet aanpasbaar kan wees in vandag se onvoorspelbare samelewing. Om suksesvol te kan aanpas beteken dat ek my planne of idees moet kan aanpas met die minste inspanning of ontwrigting. Dit is ongelukkig so dat aanpassings moeiliker raak as ons vasgevang is in aardse bekommernisse. Hoe seerder ons kry tydens verandering, hoe meer weet ons dat ons harte te sterk verbind is tot die dinge van hierdie wêreld. "Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe".




Wyse mense het die vermoë om aanpassings te maak sonder om rigting te verloor. Die geheim hiervan is om alle besluite wat jy maak op vaste beginsels te baseer. Hierna pas jy dit net prakties toe op jou leef- en werkmetodes en wag dan geduldig vir die vrugte van jou aanpasbaarheid!

 Daar was 'n onvoorsiene probleem, 'n aanpassing, 'n aksie en siedaar!

Neem die Suikerbekkie as 'n voorbeeld. Hierdie ratse klein voëltjie het geleer om in die lug te hang terwyl hulle nektar uit blomme suig. Maar dit was nie altyd so nie. Suikerbekkies moes voorheen tydens wintermaande migreer as gevolg van 'n tekort aan nektar in hul natuurlike habitat. Maar omdat hulle hierdie aanpassing kon maak, kan hul nou tydens wintermaande 'tuisbly'!


Hoe leer ek om meer aanpasbaar te wees?

Jy kan hierdie vaste beginsels gebruik om vir jou rigting te gee tydens verandering:

Verwag verandering. Ons weet teen hierdie tyd dat onverwagte verandering deel is van elke dag. Besluit sommer nou om voorbereid te wees hierop. Dit is wys om jou gedagtes daagliks te orden en vooruit te beplan vir die dag of maand. Dit beteken ook dat jy ekstra tyd sal moet uitsit vir onvoorsiene onderbrekings.

Pas jou planne aan.  Gaan kyk weer na jou oorspronklike doelwit en soek beter maniere om die taak af te handel. Probeer dit dan!

Soek vir die voordele: Daar is voordele en geleenthede in elke nuwe situasie. Leer wat jy kan uit die nuwe situasie en wees dankbaar vir die klein dingetjies wat reg uitwerk. Wag geduldig vir die vrugte op jou werk!

Respekteer gesag en jou leiers. Ondersteun die wat in gesag bo jou is deur hulle te help om suksesvol hul doelwitte te bereik.

Handel take af: Hoe lekker is dit tog nie om te sien hoe die “te-doen”-lysie korter raak nie! Moenie verskonings maak of uitstel tot more nie. Doen dit vandag!

Is jy aanpasbaar?
Gebruik hierdie voorbeelde om te toets hoe aanpasbaar jy is:
0-2 Ja’s:          Aanpassing is vir jou pynvol! Gebruik die vaste beginsels hierbo en begin met klein oorwinnings elke dag.
3-4 Ja’s:          Jy vorder goed! Stel vir jouself doelwitte om van nou af selfs meer aanpasbaar te wees.
5-6 Ja’s:          Jy is baie aanpasbaar! Geniet die vreugde wat dit bring en deel dit met die mense rondom jou.


Voorbeeld
Ja!
Nee!
Wanneer onverwagte verandering oor jou pad kom
soek jy sommer dadelik redes hoekom die nuwe plan eintlik beter kan werk.
wonder die rondom jou wie dan jou kos afgevat het!
Wanneer iemand ‘n beter metode voorstel om ‘n taak af te handel
dink jy daaroor na en toets dit uit.
maak jy asof jy hul nie gehoor het nie en gaan rustig voort soos altyd!
Wanneer ‘n verandering van rigting verwag word
verander jy van rigting, hoe dan nou anders?
sleep jy jou voete, hoe dan nou anders?
Jy gebruik die eienskap van aanpasbaarheid
om verandering opbouend te hanteer en steeds doelwitte te bereik.
as geldige verskoning om die dag te vat soos dit kom, dit help dan in elk geval nie ‘n mens beplan nie!
Jy hoor dat jy ‘n groot verandering in jou lewe moet maak, jy
verbly jou daarin dat jy slegs ‘n reisiger hier op aarde is.
voel ’n groot angstigheid opstoot in jou gemoed.
Jou baas verander van plan en dwing jou gevolglik om jou planne ook te verander, jy
besluit om positief te wees en jou baas te ondersteun.
brom onderlangs en gebruik jou tyd om te dink hoe jy hom/haar gaan terugkry vir die ongerief!
                                       
Dink hieroor na:

  1. Wat het jy al geleer uit onverwagte verandering?
  2. Hoe het jy aangepas by verandering en in die proses steeds belangrike doelwitte bereik?
  3. Watter eienskappe kan jou help om ‘n taak af te handel ten spyte van onderbrekings?

Onthou:
Hoe dieper ons gewortel is in die liefde van Christus, hoe groter is ons kapasiteit vir aanpasbaarheid. (Ef 3:17-19)

‘n Man wat weerstandig is om God se wil te aanvaar, sal gewoonlik gewillig wees om valse idees te aanvaar. (Hand 7:51; Ef. 4:14)

Aanpasbaarheid is om gereed en bereidwillig te wees, om te beweeg wanneer God sê beweeg en om te bly wanneer Hy sê bly.

Daar is ‘n natuurlik geneigdheid tot weerstand wanneer ons hierdie wereld as ons finale bestemming beskou.

Vind meer uit oor karakter ontwikkeling vir jou familie, besigheid of gemeenskap
Kontak Marden@mweb.co.za
of besoek die webtuiste 
www.charactermakesthedifference.com

No comments:

Post a Comment

Featured video