Wednesday, August 20, 2014

Vakkeuses- Pyn of Plesier?




Ek wil net baie dankie sê vir die voorreg om gister saam met jou, ons seun se vakkeuses te bespreek. Ek voel ek het nie woorde om opreg my waardering uit te spreek nie, en wat dit vir my beteken het nie. Ek weet nie of onsseun besef watter voorreg dit was nie, maar eendag sal hy hopelik terugkyk en dankbaar wees vir die geleentheid.


Dankie vir die “Godly’ omgewing wat jy skep en die sagtheid waarmee jy bedien – dit raak tot in mens se gees.My gebed vir my kind is dat hy die pad sal loop wat die Vader alreeds vir hom beplan het, that he will follow his dream (wat die DreamGiver vir hom gegee het). Mag hy doof wees vir stemme wat hom anders probeer beïnvloed. Ek het lank terug, toe my seuns klein was, ‘n stuk in die Bybel gelees (kan nie die vers onthou nie), maar ek bid dit gereeld vir hulle:Mag hulle kies wat reg is en verwerp wat verkeerd is.

Mario, dankie vir die kosbare manier wat jy ons seun gepraat het, en dat jy tot koeldrank saam hom gedrink het…ek dink jy is ‘n amazing instrument in die Here se hande…mag Hy jou seen.
Ek het daar gesit en so gewens ek kon doen wat jy doen – soos ek gesê het, my passie is mense, en ek wil so graag mense help 


Weereens dankie Mario – Dankie vir die mooi blessing oor ons seun, ons sal dit spreek oor hom (al die kinders)

Vir jou gee ek Numeri 6:24-26

The Lord bless you and watch, guard and keep you;
The Lord make His face to shine upon and enlighten you and be gracious, (kind, merciful and giving favour) to you;
The Lord lift up His (approving) countenance upon you and give you peace (tranquillity of heart and life continually).


Jackie 

No comments:

Post a Comment

Featured video